Yvonne Schoeman

before_image
BEFORE
after_image
AFTER
Name: Yvonne
Surname: Schoeman
Location: Nieu-Bethesda Eastern Cape/Oos Kaap
Entry Date: Jun 5, 2023
Category: Most Beautiful
Project: Entire House

About the Project:

Dit was liefde met die eerste oogopslag en die Karoo-kothuis is in Desember 2021 gekoop ná een dag op Nieu-Bethesda. Die huis was pragtig, met dik mure, maar die uitleg was nie goed nie. Die enigste toegang na die agterstoep (as mens dit in daardie stadium ‘n stoep kon noem…) was deur een van die…

Read More

Dit was liefde met die eerste oogopslag en die Karoo-kothuis is in Desember 2021 gekoop ná een dag op Nieu-Bethesda. Die huis was pragtig, met dik mure, maar die uitleg was nie goed nie. Die enigste toegang na die agterstoep (as mens dit in daardie stadium ‘n stoep kon noem…) was deur een van die slaapkamers. Die badkamers het beter dae gesien.

Na baie kopkrap en beplanning het ons besluit om een badkamer te verskuif, wat dit moontlik gemaak het om die kombuis te vergroot en deure na die agterstoep in te sit. Die hoofslaapkamer se bestaande badkamer het die tweede slaapkamer se badkamer geword en ’n “deurloopvertrekkie” het die hoofslaapkamer se nuwe badkamer geword. Die kantkamer, wat as stoorplek gebruik is, het ook ’n badkamer gekry en is nou ’n derde slaapkamer. Nou het die huis slaapplek vir sewe mense in drie en suite-kamers.

Elke meubelstuk in die huis is tweedehands gekoop en reggemaak of het nuwe stoffering gekry. Die donkiekardrywer van Nieu-Bethesda het die sweiswerk aan die buitestel gedoen. Die bestaande deure en vensters en selfs rakke en hout is weer gebruik. Klip uit die omgewing is gebruik om die buitearea in te rig en die fontein te bou. Fenkie, die plaaslike bobaas-brood- en roosterkoekbakster, se man Chris het al die klipwerk gedoen. Shephard, ons bouer van oor die 20 jaar, het met sy kunsbeen en al dag en nag saam met Delight en Aron gebou. In die koue Karoo- oggende het ons 6-uur begin en elke aand tot ná donker gewerk – party aande reg deur beurtkrag. Om die karakter te behou is die vloere van die huis slegs geverf. Die kombuis het nuwe kaste gekry; die stoof is tweedehands gekoop, reggemaak, oorgespuitverf en lyk nou splinternuut!

Die erf kry nog leiwater. Dit word opgevang en in Jojo-tenks gepomp om die tuin te besproei. Só spaar ons baie water. Ons kan ook die swembad volmaak met leiwater. Die tuin kort nog werk en sal die volgende groot projek wees. ’n Ou watertenk is in ringe gesny en die plan is om in die nabye toekoms blomme en groente daarin te plant.

Ongelukkig het ons net twee maande ná die regmaak ’n groot vloed in Nieu-Bethesda gehad, en is daar ’n rivier van amper ’n meter diep reg deur die huis. Ons het egter soos al die mense in Nieu-Bethesda geskrop, oorgeverf, skoongemaak, gewas, uitgegooi, drooggemaak en weer begin… En die huisie is nou weer so goed as nuut. So skyn die Karoo-son weer oor ons almal in Nieu-Bethesda.

Budget Breakdown:

Materials:
Salarisse (bouers/helpers uit gemeenskap)
147900
Badkamers (alles hergebruik; ou baddens wat ek gehad het)
0
Deure, hout en ligte (hergebruik alles)
0
Watertenk (hergebruik in tuin)
0
Sement, koperpype, koperkrane, sink, klip
400000
547900

Contractors:

RG Concepts (kombuis- en badkamerkassies)
44123
Orejen (deure en vensters)
50000
Shephard (bouer)
60000
Gas Dynamic
36537
190660
Grand Total
R738560